

Wie is ons?
Staalland is so lank terug as 1977 begin in ‘n huurgebou te Moorreesburg deur ‘n eenman-yster genaamd Hendri de Wet.
Die besigheid is na Witbank veskuif in 1981 as die sentrale afsetgebied.
Staalland is so lank terug as 1977 begin in ‘n huurgebou te Moorreesburg deur ‘n eenman-yster genaamd Hendri de Wet.
Die besigheid is na Witbank veskuif in 1981 as die sentrale afsetgebied.
Na ‘n familietragedie word Staalland in 1992 verkoop aan ‘n gevestigde maatskappy wat landbou implemente vervaardig as ‘n suksesvolle handeldrywende besigheid wat sy spore duidelik in die lanboubedryf agterlaat.
In 2005 op ‘n plaas te Bervie, Bethlehem sien StaallandIII die lig met Hendri de Wet en sy ‘seun’ Cobus Cronjè aan die stuur.
Staalland is nog altyd die enigste maatskappy om by aan te klop vir gespesialiseerde plaasimplemente.
Hier by Staalland beskou ons, ons implemente as op huurpag en so, wanneer Staalland die dag sou besluit om voltyds te boer, erf die eienaars hulle implemente.
Ons is baie meer geïnterreseerd in die verhoudings wat ons bou met ons kliente as enige van die geld wat hande verwissel.
Elkeen van ons implemente word handvervaardig met respek vir ons naam en die diens wat saam met elke implement gaan.
Dan moet jy die insig hê van ‘n profeet om van probleme wat gaan kom te weet Voorgevoel soos ‘n reënvoël wat met sy kreet vertel van reën voor jou TV dit weet Slim moet jy wees soos ‘n genie, weet wie om te glo en wie nie. Na agente te luister en daaruit te leer wat reg is en wat om te ignoreer; reg te besluit en uit te voer. Dit, my seun, maak ‘n goeie boer.
Dan moet jy soos n wonderwerk fout loos met geld kan werk;
om te geniet en ook te konsolideer, goeddeurdag te beplan vir meer sodat nie môre agterbly omdat jy onder ‘n skuldelas ly.
Jy moet kan bid en kan hoop kan belê en oordeelkundig koop;
met jou hoed in jou hand as dit moet, jou goed gaan verpand;
na ‘n misoes of twee steeds hoopvol bly dat armoede sal wyk as jy nog n oes in kan kry.
Dan moet jy lief wees vir die natuur, na duiwe kan luister in die oggenduur;
jy moet lief wees vir die geur wanneer die ploeg die aarde oopskeur;
vir windgolwe oor die koringlande vir tarentale op die mielielande;
jy moet kan lag as die aarde juig, jy moet kan huil as alles om redding hyg. Jy moet kan bid, my seun, as die hael oor jou lande dreun;
as jou hoop op redding verdwyn, as die veglus in jou begin kwyn;
dan moet jy vol moed op kan kyk.
Berustend, vol vertroue en verryk.
Cookie | Duration | Description |
---|---|---|
cookielawinfo-checkbox-analytics | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Analytics". |
cookielawinfo-checkbox-functional | 11 months | The cookie is set by GDPR cookie consent to record the user consent for the cookies in the category "Functional". |
cookielawinfo-checkbox-necessary | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookies is used to store the user consent for the cookies in the category "Necessary". |
cookielawinfo-checkbox-others | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Other. |
cookielawinfo-checkbox-performance | 11 months | This cookie is set by GDPR Cookie Consent plugin. The cookie is used to store the user consent for the cookies in the category "Performance". |
viewed_cookie_policy | 11 months | The cookie is set by the GDPR Cookie Consent plugin and is used to store whether or not user has consented to the use of cookies. It does not store any personal data. |